Oor hierdie website
Ek gaan nie probeer om jou te oortuig om Australie toe te trek nie. As jy hierdie website besoek, dan neem ek aan jy het reeds die besluit geneem om te immigreer, en jy soek nou ‘n bietjie hulp om meer te leer oor die land, en wat jy alles moet doen.
Ek is nie ‘n immigrasie spesialis nie. Die mede bydraers tot die site is ook nie spesialiste nie. So wanneer jy inligting op die site sien, neem dit met ‘n knippie sout. Die inligting is gebaseer op persoonlike ondervinding, en is na die beste van ons vermoë akkuraat, maar omdat ons nie spesialiseer in die veld nie, kan jy ons nie kwalik neem vir die akkuraatheid of korreksie van die inligting nie. Ek is meer as bereid om inligting reg te maak of beter te verduidelik, maar op die einde van die dag moet jy jou eie besluit neem, en jou eie navorsing doen. So dit kom basies neer op die volgende : Gebruik die inligting op eie risiko.
Recent Comments